Community

Rainbow Cup SA

10 May 2021 · Platinum Bushvelder

Rainbow Cup SA

Stormers vs Sharks
Die 2021 Rainbow Cup het afgeskop op die Kaapstad Stadion tussen die Stormers en die Sharks. Die Kapenaars het van die afskop verwoed ingeklim en was na 12 minute 17-0 voor. Rooi kaarte was weer aan die orde van die dag en die spoedvraat Seabelo Senatla is strafkas toe gejaag. Die Sharks het begin terugveg en met halftyd was die telling 23-12 in die guns van die Stormers. Die tweede helfte het aan die Haaie behoort en teken hulle 21 punte aan om die kragmeting 33-30 te wen. Vir die Sharks het die nuweling slot Reniel Hugo ‘n droom debuut gehad en druk drie drieë. Vir ‘n slot is dit ‘n merkwaardige prestasie of wat ou grote?!
Die Sharks speel Saterdag 8 Mei om 16:00 teen die Lions in Durban. Die Stormers pak hul tassies om in Kaapstad teen die Bulle om 18:15 uitdraf.
Bulls vs Lions
Op Loftus klop die Bulle die Leeus 22-9. Dit was ‘n game wat nou nie lekker aan die gang wou kom nie... Die Leeus het verwoed verdedig maar op die aanval was daar nie baie planne nie. Die belowende Tiaan Swanepoel is ook nou buite aksie vir die res van die seisoen met ‘n ernstige enkelbesering. Dit is ‘n groot terugslag vir die Leeus wat alreeds sonder Elton Jantjies moet klaarkom.
Die Leeus speel 8 Mei om 16:00 teen die Sharks in Durban. Die Bulle draf om 18:15 teen die Stormers op Loftus uit.

Varsity Cup 2021

RESULTS 
27 APRIL

  • Maties 26 - 12 NMU
  • Wits 77 - 7 NMU Madibaz
  • UJ 34 - 32 Shimlas

30 APRIL

  • NWU 22 - 20 Wits
  • UP-Tuks 0 - 0 UCT Ikeys
  • NMU Madibaz 20 - 24 Shimlas
  • UWC 31 - 5 UJ
  • CUT 23 - 18 Maties

FIXTURES
MONDAY 10 MAY

  • Maties vs NMU Madibaz
  • UJ vs Wits
  • CUT vs NWU
  • UCT Ikeys vs UWC
  • Shimlas vs UP-Tuks

THURSDAY 13 MAY

  • Wits vs Shimlas
  • UWC vs CUT
  • NMU Madibaz vs UP-Tuks
  • NWU vs UCT Ikeys
  • Maties vs UJ.

New-Zeeland Aotearoa
FINAL | Saturday 8 May 09:05

  • Crusaders vs Chiefs

Australian Domestic
FINAL | Saturday 8 May 11:45

  • Queensland Reds vs Brumbies.