Bederf jouself vir ‘n goeie doel

Thabazimbi – Thaba Fire and Rescue verkoop vars gemaakte worsbroodjies en allerlei lekkernye by Thabazimbi SPAR op Saterdag 5 Junie.
Bederf jouself, jou vrou en sommer jou buurman ook – want die fondse ingesamel sal gebruik word vir nodige toerusting om die gemeenskap by te staan ingeval van ‘n vuur of nood!
