HFM Winterhoop

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) is tans besig met hul Winterhoop projek wat strek van Maandag 17 Mei tot 18 Junie.
Met die projek beoog hulle om produkte soos toiletware, komberse, en nie-bederfbare kos in te samel vir behoeftige families in die skool en families wat deur die SAVF Thabazimbi bygestaan word.
Die jaar samel hulle ook hondekos, katkos, komberse, en hondebedjies in vir Thabazimbi Animal Rescue. Raak betrokke en maak ‘n verskil. Vir meer inligting kontak Talitha van Wyk op
062 460 3837.
