Laerskool Thabazimbi spog

Thabazimbi – Dit is vir Laerskool Thabazimbi ‘n voorreg om met twee van hul leerders te spog. Mica Frölich en Krista Molebatsi is albei opgeneem in die o/12 Limpopo netbalspan.
Die twee jong netbalsterre se prestasie is beslis ‘n veer in die hoed vir Laerskool Thabazimbi.
