231 aktiewe gevalle by laerskool, gedateer 13 Junie

Geagte ouers en personeel,
Laerskool Thabazimbi, omsendbrief,
13 Junie 2021
Die Covid-19 infeksies en sterftes het die afgelope week skerp gestyg in Thabazimbi.
Ek het die nuutste syfers ten opsigte van Thabazimbi by die Gesondheidsdepartement en ons skool se Covid-beampte verkry:
- Aktiewe getalle | 231
- Sterftes sedert Woensdag,
- 2 Junie 2021 | 9
- Laerskool Thabazimbi leerders positief getoets sedert Woensdag,
- 2 Junie 2021 | 21
- Personeel positief getoets sedert Woensdag, 2 Junie 2021 | 2
- Leerders in isolasie a.g.v. gesinslede wat positief getoets het (waarvan ons weet) | 58
- Personeel in isolasie a.g.v. gesinslede wat positief getoets het | 8
- Ouers van ons skool, wat die afgelope week oorlede is | 3
Bogenoemde syfers is kommerwekkend! Ek en my personeel is baie bekommerd oor u en u kinders, asook ons eie veiligheid. My voorstel is dus dat u, u kind hierdie week tuis sal hou, as dit enigsins vir u moontlik sou wees.
Die personeel (uitgesluit die agt in isolasie) sal almal op hul pos by die skool wees om die leerders wat wel die skool bywoon, te onderrig. Die werk wat gedoen word sal daagliks – direk na skool – op die klasgroepies uitgestuur word, sodat u kind nie agter sal raak nie. Geen assessering sal ook gedurende hierdie week plaasvind nie.
Neem asseblief kennis dat ‘n skoolhoof of beheerliggaam nie by magte is om ‘n skool te sluit nie. Slegs die provinsiale onderwyshoof mag dit doen. By ‘n vorige geleentheid het dit etlike dae geneem om toestemming te verkry, en tyd is ongelukkig nie nou meer aan ons kant nie.
Ter afsluiting...
Die skool is NIE gesluit NIE.
Personeel IS WEL by die skool en aan diens.
Ouers wat wel leerders skool toe stuur, moet 100% seker maak dat hul gesond is, en dat GEEN LID van die gesin moontlik Covid-19 onder lede het nie.
Ons monitor die situasie daagliks, en sal teen Vrydag 18 June 2021 weer ‘n skrywe uitstuur met reëlings vir die komende week. Wees asseblief uiters versigtig en waak oor u en u gesin se gesondheid.
Groete,
Mnr JLM Venter, Hoof
