Die game gaan aan

SA vs Georgia
Die Springbokke maak na twintig maande hulle terugkeer op die gras van Loftus. Die oorwinning van 40-9 teen ‘n moedige Georgia span sal beslis ‘n riglyn wees om te kon sien waar daar geskaaf sal moet word. Indrukwekkend was die wen nie maar, maar, maar...
Vir die Bokke het die debutant Aphelele Fassi ‘n goeie begin gehad en druk ook sy eerste drie vir die Groen en Goud. Cobus Reinach het op skrummie ook goed vertoon. Willie le Roux was veilig onder die lugaanvalle maar sal regtig bietjie meer moet fokus om die goeie werk te omskep om aan te val.
Die speler van die toets was Pieter-Steph du Toit – hy was briljant! Kwagga Smith het op agste man goed vertoon. Die tweede toets teen Georgia op Vrydag 9 Julie is uitgestel weens Covid-19.
Nag ou groene...
Britse & Ierse Leeus 56 - 14 Lions
In Jo’burg wen die besoekers hulle eerste game gemaklik en rig ‘n waarskuwing aan die Bokke. In ag genome ou groene, hierdie bleekbene word gereeld geroteer om almal ‘n speelkans te gee op die toer en ook om die sterkste moontlike span in plek te kry vir die grotes teen die Bokke.
Vir die toerspan het Josh Adams ‘n reuse game gehad en gaan kuier vier keer agter die doellyn. In die geheel was die besoekers in alle afdelings net te goed vir die Jo’burgers. Warren Gatland was tevrede met sy span se vertoning en het ewe wintie genoem dat hy hoop dat daar meer teenstand in die volgende game sal wees.
Daar is ook ‘n moontlikheid dat dié toer kortgeknip sal word weens Covid-19.
Intenational results
- All Blacks 102 - 0 Tonga
- England 43 -19 USA
- Wales 68 - 12 Canada
- Ireland 39 - 31 Japan
- Romania 17 - 24 Argentina
Currie Beker uitslae
- Pumas 26 - 22 Griekwas
- WP 32 - 31 Sharks
- Cheetahs vs Bulls (gekanselleer weens Covid-19)
Nag ou grote...
