‘n Boereraat vir hoes

Ons almal het al gehoor jy moet jou vratjie vir die maan wys as jy hom wil weghê of heelwat ander lagwekkende rate vir allerhande kwale en skete.
Daar is egter boererate wat wel werk. Ons het gesprekke aangeknoop met mense – wat weet – oor die konkoksie vir hoes. Blykbaar is dié raat deeglik beproef.
Vir ‘n hoes
- ‘n Halwe koppie melk
- ‘n Halwe teelepel borrie
- ‘n Halwe teelepel gemmer
- Meng, plaas in die mikrogolf totdat dit lekker warm is, maar dit moet nie kookpunt bereik nie
- Gooi heuning by, na smaak *die heuning is ‘n moet (min of baie!)
- Drink twee of drie koppies ‘n dag en basta!
- Daar is duisende boererate daarbuite wat werklik werk, maar indien jy nie beter voel nie, raadpleeg asseblief jou dokter.
