Skenk bloed. Skenk lewe.

Northam – South African National Blood Service (SANBS) het op Dinsdag 13 Julie die gemeenskap uitgenooi om bloed te skenk by Northam Plaza.
Met elke eenheid bloed kan drie lewens gered word aangesien bloed in rooibloedselle, plasma en bloedplaatjies geskei word.
Die SANBS lewer ‘n noodsaaklike diens deur bloed in te samel en te sorg dat dit veilig by die ontvangers uitkom. Almal wat kom bloed skenk het, het ‘n kombers ontvang om warm te bly in die winterkoue.
