‘n Pleit boodskap vir Naas

Goeie môre Vriende,
Vandag steek ek my trots in my sak en vra om hulp vir Naas Richardson asseblief. Ja, ek weet Covid-19 raak almal.
Ja, ek weet almal sukkel en kry swaar.
Ja, ek weet so baie mense is hartseer.
Ja, ek weet baie mense is en was waar ék nou is. MAAR EK KLOP VANOGGEND AAN DEURE OM TE SIEN WIE SAL OOPMAAK. Naas Richardson se toestand versleg drasties. Sy diabetes maak dit erger en hy het nie ‘n mediese fonds nie. Ek vra vanoggend asseblief ‘n stukkie brood, nét een vissie uit jou mandjie. ‘n Bietjie kan baie maak.
Skakel my gerus,
083 962 5854
Hector Richardson
