Schools & sport

Britse Leeus Toer

23 July 2021 · Platinum Bushvelder

Britse Leeus Toer

En die uitslae... 
SA ‘A’ 17-13 Britse Leeus
Hierdie game was baie fisiek en was eintlik ‘n Bokspan ou groene. Rassie Erasmus en kie het besluit om ‘n baie sterk ‘A’ span in die veld te stoot. Warren Gatland het nie sy troewe gespeel nie, en soos op elke Leeu toer word die hele groep kans gegee om in die vriendskaplike wedstryde te speel.
Britse Leeus 43-3 Stormers

 
Die Britte het ook teen die Stormers gespeel en gemaklik gewen. Warren Gatland het sy toets-span aangekondig met ‘n hele paar verrassings. Soos verwag is die yster Alun Wyn Jones as kaptein aangewys en is fiks verklaar.

Die skouerbesering wat hy teen Japan in die eerste game van die toer opgedoen het, het wonderbaarlik herstel en die ou grote het sy plek in die span teen alle verwagtinge weer oopgespeel. Duhan van der Merwe is ook in die beginspan... en wat ‘n oomblik is dit nie vir die jong vleuel nie! Hy is ook die eerste Van der Merwe wat vir die Britse en Ierse Leeus speel! Gatland het ook verras om nie vir mnr Owen Farrell se beginspan te kies nie, hy is darem op die bank.


Die Bokspan is ook aangewys en Rassie het weer vir Siya Kolisi as kaptein aangewys met Handrè Pollard as sy adjudant. Die agterlyn wat in die Wêreldbeker finaal gespeel het, is net so gekies. Die drie toetse gaan al drie keer nou in die Kaapstad Stadion gespeel word. Die eerste toets skop op 24 Julie om 18:00 af. 


Go Bokke!!! 
Die braai inventarisse sal sekerlik al teen Vrydagaand deeglik deurgegaan word en die heel laaste kouetjies sal ook in gebruik geneem word. 
Nag ou grote...

Rugby oorkant die waters

INTERNASIONALE UITSLAE

  • Nieu-Seeland 60 - 13 Fidji (NZ wen die reeks 2-0)
  • Australië 33 - 30 Frankryk (Aussies wen die reeks 2-1)
  • Argentinië 33 - 11 Wallis
  • Tonga 15 - 37 Samoa