GOD, DIE BRON VAN HOOP

Thabazimbi – Bome van Hoop is ‘n Christelik-geïnspireerde beweging wat graag die boodskap van ‘n lewende God, en Jesus Christus Sy seun, wil bring aan ‘n wêreld van wanhoop.
Die veldtog het reeds in Junie te Lichtenburg afgeskop; bome is versier met geel materiaal. Geel om mense daaraan te herinner dat die son weer sal skyn.
Thabazimbi volg die inisiatief en vele gemeenskapslede het reeds kleur aan die bome in hul voortuin gegee.
