Community

Het jy dalk dié Hennings geken? [Skrywe aan die redakteur]

30 July 2021 · Platinum Bushvelder

Het jy dalk dié Hennings geken?
[Skrywe aan die redakteur]

Ek is tans besig met die opstel van my Hennings-stamboom. Volgens die inligting wat ek bekom het, is van dié familie in Marikana oorlede en begrawe.

William Henry Hennings gebore 7 Januarie 1937, oorlede 9 April 2014 en Amber Hennings, gebore Ruddy (voorheen Pretorius) gebore 8 Desember 1936, oorlede 26 Augustus 2009. Hulle is getroud op 12 Januarie 1971.

Sou iemand hulle dalk geken het of weet van ander familie wat hulle moontlik gehad het? Ek sal ook dankbaar wees vir foto’s van hul grafte of selfs ‘n ou telefoongids wat dalk ‘n adres kan bevat – enige hulp sal waardeer word.

Indien jy enige inligting het kontak my gerus op 082 568 0266 of epos matthys.klopper47@gmail.com. Matthys Klopper