Die Bosveld Ringbal klub skop gat!

Thabazimbi – Die Bosveld Ringbal klub van Thabazimbi het ‘n sosiale wedstryd toernooi aangebied by die Thaba Park op Saterdag, 9 Desember, waarin plaaslike spanne en besighede mekaar die stryd aangesê het.
“Ons doel van die dag was om díe sportsoort ten toon te stel in ons gebied,” aldus Amalia Grobbelaar.
Ringbal is ‘n spansport wat uit negespelers bestaan en word gewen deur punte aan te teken met doele. Die Bosveld Ringbal klub is geaffilieer by Noordwes Ringbal Federasie wat op sy beurt weer by Ringbal Suid-Afrika geaffilieer is.
“Ons is dankbaar vir al ons borgskappe en ondersteuning in die kontrei,” sê Grobbelaar.
Vir meer informasie oor die klub, gaan ‘like’ die Bosveld Ringbal klub op Facebook.
