Dankie Thabazimbi!

Thabazimbi – In die gejaag om Kersgeskenke te koop, het almal nie tyd gehad om hul geskenkies toe te draai nie. Huis Immergroen in Thabazimbi het díe taak van die gemeenskap se skouers afgehaal!
Shoprite in Thabazimbi het vir hulle die perfekte hoekie geskep. Hierdie fondsinsamelingsprojek word jaarliks geloods om die mensies van Huis Immergroen te bederf oor Kerstyd.
“Ons is innig dankbaar teenoor almal wie ons projek ondersteun het aan die einde van 2017. Ons is ook dankbaar teenoor Shoprite wat ons elke jaar ondersteun. Vir 2018 wens ek julle sterkte, voorspoed en genade toe,” sê Marie Steenekamp, koördineerder van die projek, in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant.
Hier word 2017 se projekgelde oorhandig aan Huis Immergroen op Woensdag, 10 Januarie 2018.
