Schools & sport

2021 Rugby Championships

23 August 2021 · Platinum Bushvelder

2021 Rugby Championships

SA vs Argentinië
Die Bokke se B-span behaal ‘n 32-12 oorwinning oor die Pumas. Dit was wel ‘n wen maar glad nie mooi ruggas nie... Die Pumas het regtig ‘n swak dag op kantoor gehad. Vir die Bokke het agsteman Jasper Wiese ‘n baie goeie game gehad. Hy het kookwater spel op agsteman gelewer.

Aphelele Fassi het op vleuel ook goeie spel opgelewer en sy balbeheer word ook beloon met ‘n puik drie. Elton Jantjies het ‘n afdag gehad en sal sy sokkies moet optrek. Teen die All Blacks sal dié soort spel nooit deug nie.

Cobus Reinach het gewys dat hy dalk die vinnigste skrummie op die planeet is toe hy ‘n prag drie gaan druk het na ‘n breekslag van sowat sestig meter. Voorlangs het debutant Joseph Dweba op haker ‘n goeie spel in sy eerste toets gelewer. Coach Jacques Nienaber se Bokspan is duidelik weer die A-span vir die tweede toets Saterdag. 

Nieu-Seeland vs Australie
In Auckland klop die Kiwi’s die Wallabies met ‘n rekord sege van 57-22 en druk in die proses agt puik drieë. Die Aussies het alles in die stryd gewerp maar die manne in swart is maar net duidelik in ‘n ander klas ou grote. 


Die All Blacks het gewys dat hulle lus is vir ruggas en het ‘n duidelike waarskuwing gerig aan die Bokke en die Pumas vir die 2021 reeks... Damian McKenzie het ‘n reuse strafdoel van 59 meter toegedien.

#FosteringASenseOfCommunity