Geseënde Kersnagmaal

Thabazimbi – Huis Immergroen en Bosveld-oord se Kersnagmaal vir die senior lidmate, op Woensdag 6 Desember, was geseënd en suksesvol. Nie eers die bosveldreën het hulle afgeskrik nie!
Die diens was gehou by Tambotie. Dr Tinus het die kerk gelei en die saal opening is hanteer deur ds JZ de Jager.
Die dienende kerkraadslede was: Annelise Kotze, Theresa Cloete Pretorius, Dalien van Dijk en TI Potgieter. Die vrugte skenkings deur oom Kerneels Deysel en oom Koos van Graan word ook baie waardeer. Die saal se versierings is gedoen deur Ina Bronkhorst, die tafellampies deur Ina Cloete, en die foto’s deur Karen Nel.
