Schools & sport

Lenie skitter in landloop

11 September 2021 · Platinum Bushvelder

Lenie skitter in landloop

Thabazimbi – Baie geluk aan Lenie Steenkamp, ‘n Graad 4 leerder van Laerskool Thabazimbi, met haar pragtige landloopprestasie.

Lenie het op Saterdag 14 Augustus aan die Provinsiale Landloopkompetisie in Mookgopong deelgeneem en kwalifiseer volgens tyd en plek vir haar Provinsiale Kleure.

Sy is ook gekies om op nasionale vlak deel te neem, 18 September in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal.

Lenie Steenkamp het haar provinsiale kleure verwerf in landloop.

#FosteringASenseOfCommunity