Schools & sport

HFM in die kol!

11 September 2021 · Platinum Bushvelder

HFM in die kol!

Thabazimbi – Nege van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se boogskuts het die afgelope naweek aan die Gauteng veldkompetisie te Nylstroom gaan deelneem.

Die volgende prestasies is behaal in hulle onderskeie afdelings:

Eerste plekke:

  • JJ Matthee gr.11 
  • Lieselotte Smit gr.11
  • Maya Broekhuizen gr.9


Tweede plekke:

  • Henkie Botha gr.11
  • Meagan Schamrock gr.9

Derde plekke:

  • Erick Coetzee gr 9
  • Shanel Furstenburg gr.9

#FosteringASenseOfCommunity