Schools & sport

Laerskool Thaba speel bobaas krieket

17 September 2021 · Platinum Bushvelder

Laerskool Thaba speel bobaas krieket

Thabazimbi – Baie geluk aan Laerskool Thabazimbi se o/10 krieketspan wat op Donderdag 2 September teen Laerskool Koedoeskop en op 14 September teen Warmbad hul wedstryde gewen het.

‘n Spesiale gelukwensing aan Dandries Verster wat uitgeblink het in beide wedstryde. In die wedstryd teen Koedoeskop slaan hy 47 nie-uit-nie en neem drie paaltjies. Hy staan 11 lopies af in vyf beurte.

In die wedstryd teen Laerskool Warmbad slaan hy 52 lopies nie-uit-nie en met die bal in hand neem hy vyf paaltjies vir slegs 20 lopies in vyf beurte.

Voor van links: Dandries Verster, Cobus Vosloo, Arnu Snyman, Ona Bele, Hendru Gerber en Jannik Blaauw. Agter van links: CW Fröhlich, Emjee Snyman, Jaco Lategan, Zian van Dyk, MJ Snyman en Rhudo Rheeders.

#FosteringASenseOfCommunity