‘n Héérlike fondsinsameling!

Thabazimbi – Die geur van smaaklike jaffels, aartappels op ‘n stokkie en karamel pampoenkoekies het Thabazimbi Sopkombuis se stalletjie voor Thabazimbi Spar op Saterdag 3 September sommer in ‘n japtrap laat uitverkoop.
Die fondse ingesamel wend hulle aan om verskeie behoeftige gesinne in die gemeenskap te voorsien met kospakkies.
Vir meer inligting oor die Thabazimbi Sopkombuis of om ‘n bydrae te maak, kontak Riana Bekker op 072 671 9710.
#FosteringASenseOfCommunity
