Schools & sport

Nuwe hoop spruit! 

1 October 2021 · Platinum Bushvelder

Nuwe hoop spruit! 

Thabazimbi – Met groot afwagting sien Laerskool Thabazimbi uit na die vrystelling van die musiekvideo wat hul opgeneem het saam met Joshua na die Reën.


Die groep werk reeds vanaf Maartmaand baie hard aan die sang- en instrumentale afdeling van die lied asook die choreografie. Thabazimbi se eie diva – Nelré Benadé – het die soliste se sangafrigting behartig en uitsonderlike klanke opgetower!


Covid-19 het sy kloue diep in Thabazimbi se gemeenskap ingeslaan en met Joshua na die Reën se lied Lig op die Horison, wil hul die boodskap van nuwe hoop ver en wyd laat uitkring! 

“Dit was ‘n reuse voorreg en hoogtepunt om saam met so ‘n nederige, talentvolle en inspirerende kunstenaar soos Joshua na die Reën te kon werk!”


Die musiekvideo word in die laaste deel van Oktober vrygestel op RAINDUST, ‘n platform wat geskep is vir Suid-Afrikaanse kunstenaars. Kaartjies sal binnekort op die platform te koop wees om die video-vrystelling aanlyn by te woon.  


Laerskool Thabazimbi se weergawe van Lig op die Horison sáám met Joshua na die Reën sal daarna ook beskikbaar wees op Apple Music en iTunes en die musiekvideo sal dan ook op ander sosiale media platforms beskikbaar gestel word.

Laerskool Thabazimbi se revue groep het hard gewerk aan die musiekvideo saam met Joshua na die Reën.

#FosteringASenseOfCommunity