Community

Boerewors en Biltong Mekka slaan ‘n nuwe blaadjie om

1 October 2021 · Platinum Bushvelder

Boerewors en Biltong Mekka slaan ‘n nuwe blaadjie om

Northam – Jan Horn is al sedert 1986 in die vleisbedryf en het op 15 April 2019 Boerewors en Biltong Mekka oopgemaak. Hulle het baie vinnig ‘n huishoudelike naam geword en is alombekend vir hoë gehalte vleis en ‘n wye verskeidenheid wors teen bekostigbare pryse.

“Die inperkings van 2020 het ons onkant gevang en met tye het ons regtig nie geweet of ons moet deurdruk of toemaak nie.

Maar met baie gebed en genade van Bo, het ons weer die stukkies opgetel, en besluit om ‘n goeie verandering mee te bring,” het Jan in ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder gesê.


‘n Goeie vleissnit was nog altyd lekker maar ‘n vriendelike gesig en goeie diens is wat jou altyd laat terugkom. Na ‘n paar opknappings, skuiwe en nuwe aanstellings, verseker Boerewors en Biltong Mekka dat hulle kliënte keer op keer tevrede uitstap.


Louise Kotze, ook ‘n kranige vleiskenner, is aangestel as bestuurder van die slaghuis. Sy is ook aan die stuur van hul bemarking en verseker dat die publiek altyd op hoogte gehou sal word van hul spesiale aanbiedinge.


Kookkos, braai of sommer net ‘n lekker boereworsrol, Boerewors en Biltong Mekka is jou eenstop slaghuis waar jy altyd met ‘n glimlag verwelkom word en met ‘n glimlag uitstap.
Besoek hul gerus op die R510, Rustenburg pad, sowat 3km buite Northam.

Boerewors en Biltong Mekka bestuurder Louise Kotze (links) en eienaar Jan Horn.

#FosteringASenseOfCommunity