‘n Groot shout-out vir Chris! [Skrywe aan die redakteur]
![‘n Groot shout-out vir Chris!
[Skrywe aan die redakteur]](/img/articles/n-Groot-shout-out-vir-Chris.gif)
Thabazimbi – Ek was nog altyd hoog in my skik met die veeartse en personeel by Medivet Dierekliniek.
So ‘n week of wat terug, het Chris Nel omgesien na my Pekinese, Kisha. Haar ogie was nie lekker nie.
Chris was uiters professioneel en bekwaam.
Stomgeslaan, ‘n paar dae later, gee hy toe ook ‘n luitjie om te hoor hoe dit met my Kisha gaan. Baie dankie Chris en baie dankie Medivet vir jul puik diens en liefde vir ons viervoetige kinders!
Ronel Pretorius
#FosteringASenseOfCommunity
