Community

‘n Gholfdag vir Helga

1 October 2021 · Platinum Bushvelder

‘n Gholfdag vir Helga

Thabazimbi – Helga Snelter, ‘n sprankelende 13-jarige meisie van Thabazimbi se hele lewe het in ‘n oogwink verander toe ‘n gewas op haar hipofise klier opgetel is vroeër vanjaar.

Die gewas het van die middel van die brein na die linkerkant toe gegroei en sy moet dringend ‘n operasie ondergaan wat ongelooflike newe-effekte kan inhou – maar sonder die operasie is haar lewensverwagting ongeveer ses maande.


Verskeie dokters ondersoeke, spesialiste en operasies het ongelooflike finansiële druk op haar familie geplaas aangesien hul nie ‘n mediese fonds het nie. Daar moet ook gereeld groot onkostes aangegaan word om die vervoer en verblyf te betaal wanneer sy spesialiste in Polokwane en Pretoria moet gaan sien – en daar is steeds ‘n moeilike, duur pad wat vir die gesin voorlê.


‘n Gholfdag ten bate van Helga word beplan vir Saterdag 9 Oktober by Thabazimbi Gholfklub. Die kostes beloop R350 per speler.


Vir meer inligting kontak Luzaan op 082 593 7084 of Michael op 083 982 6049. Golfkarretjies kan by Gus Wolmarans bespreek word op 076 011 8252.

Helga Snetler moet dringend ‘n operasie ondergaan.

#FosteringASenseOfCommunity