Harde slag vir Northam Rhinos

Northam – Northam Rhinos het op Saterdag 2 Oktober teen die Naka Bulls te staan gekom. Dit was ‘n paar rowwe wedstryde en al drie hul spanne verloor ongelukkig hul wedstryde op die teenkant se tuisgronde.
Die derde en eerste spanne het albei met naelskraap tellings geëindig.
Tydens die tweede helfte van die eerstespan se wedstryd het hul ‘n geel en ‘n rooi kaart ontvang. Wanneer twee sulke sterk spanne meeding, buit jy die vyand se swakhede uit en Naka Bulls het nie geskroom om hard te speel teen die oorblywende 14 Northam Rhinos se spelers nie.
Tukkies se rugby spanne kom kuier volgende naweek, 9 Oktober, in Northam. Die wedstryde sal om 15:00 afskop. Hierdie is ‘n maak of breek wedstryd want indien Northam Rhinos enige hoop het om ‘n tuis semi-finaal aan te bied, sal hulle vir Tukkies moet ore aansit en dan ook skitter in die volgende wedstryd teen die Tuine Grizzlies.
#FosteringASenseOfCommunity
