Ultimate Rugby Championships

Die afgelope naweek was maar weer beroerd vir die vier SA spanne in die Ultimate Rugby Championships (URC). Nogal vreemd dat die vier afrigters eens is met die feit dat die spelers nou baie vinnig sal moet begin aanpas, anders gaan die toer tragies eindig ou grote!
Baie opmerkings langs die braaivleisvure word gemaak. Dit is waar dat die Noordelike spanne ook ‘n moeilike toer later vanjaar hier op tuisbodem gaan beleef, maar die realiteit is om nou te fokus op die games wat voorlê.
Uitslae:
- Connacht 34 -7 Bulls
- Scarlets 36 - 13 Lions
- Benetton 28 - 27 Edinburgh
- Glasgow Warriors 35 - 24 Sharks
- Zebre 3 - 36 Ulster
- Ospreys 18 - 14 Cardiff
- Munster 34 - 18 Stormers
- Dragons 6 - 7 Leinster
Bepalings:
Vrydag 8 Oktober
- 20:35 - Ospreys vs Sharks
- 20:35 - Ulster vs Benetton
Saterdag 9 Oktober
- 14:00 - Leinster vs Zebre
- 16:00 - Glasgow Warriors vs Lions
- 18:15 - Connacht vs Dragons
- 18:15 - Edinburgh vs Stormers
- 20:35 - Cardiff vs Bulls
Sondag 10 September
- 15:00 - Scarlets vs Munster
#FosteringASenseOfCommunity
