Schools & sport

Bobaas rugby!

12 October 2021 · Platinum Bushvelder

Bobaas rugby!

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer se o/15 en o/17  rugbyspanne het op Vrydag 24 September deelgeneem aan die 7’s toernooi te Hoërskool Bergsig Akademie in Rustenburg.


Die o/17’s het vyf wedstryde gespeel, waarvan hulle vier gewen het en met een gelykop gespeel met 21 punte. Die o/17’s sluit die dag onoorwonne af met die volgende prestasies: 160 punte teen 41. HFM druk 23 drieë en staan slegs sewe drieë af. 


HFM se beste presteerders is Tristan Brits met 53 individuele punte en Ulrich Gilbert wat die top drukker was met sewe drieë. Tristan Brits is ook aangewys as die speler van die toernooi en ontvang ‘n trofee.

HFM se o/15 en o/17  rugbyspanne het aan die 7’s toernooi deelgeneem.

#FosteringASenseOfCommunity