Kolskoot!

Thabazimbi – Neos Christian School spog met sewe skuts wat Limpopo by die Nasionale Skole Skyfskiet Kampioenskappe in Johannesburg verteenwoordig het op Vrydag 1 Oktober en Saterdag 2 Oktober.
Dit het baie goed met die skuts gevaar en hul harde werk en deursettingsvermoë is beloon. In die pistool afdeling, het die jong broers, Nico en Pieter Malan, in hul eerste SA’s baie goed gevaar met Nico in die 13de plek en Pieter 21ste op die ranglys vir o/12 pistool met ondersteuning. Nerisha le Roux behaal ‘n pragtige 13de plek vir pistool o/14 en broer Hennie le Roux met die vryhand pistool afdeling ‘n goeie 33ste plek.
In die lang geweer afdeling (sporter) ontvang Gretchen du Plessis ‘n brons medalje vir die 10meter staan afdeling en is ook algeheel derde vir sporter o/14. Janssen du Plessis ontvang goud in die drieposisie afdeling en is algeheel tweede in die o/16 presisie kategorie.
Botha du Plessis ontvang goud vir die 3-posisie afdeling en silwer vir die 10m staan afdeling. Hy is ook 2021 se SANSSU o/21 kampioen. Skote Petoors!
Botha het ook aan SATRA se .22 SA kampioenskappe te Bloemfontein deelgeneem van 4 tot 6 Oktober waar hy die eerste skolier nog ooit geword het om die SA kampioenskappe te wen. Neos is baie trots op sy skuts.
#FosteringASenseOfCommunity
