Community

Baksteen vir baksteen!

Baksteen vir baksteen!

Northam – Híérdie multi-miljoen rand projek in Northam het ‘n klompie jare terug al kop uitgesteek – en tot vandag toe is mense nuuskierig... wat gaan híér gebou word op die R510?

Die Platinum Bushvelder koerant het die voorreg gehad om met Bert Kriel, eienaar van die gebou en grond, te gesels op Vrydag, 12 Januarie.

“Hierdie is ‘n winkelsentrum wat sowat 16 winkels bevat waarvan sewe so te sê volledig voltooid is. Ons beoog om teen Maart klaar te wees,” aldus Kriel.

Díe winkelsentrum sal oor ‘n restaurant, ‘n quick shop, vulstasie, braaiplek, karwassery, ablusieblokke en plek vir die moeë trok drywers beskik.

Kriel is aan die stuur van die projek en sien uit na die voltooiing daarvan. “Hierdie sal werkskepping vir ons gemeenskap skep – iets wat Northam broodnodig het. Ons moet ons gemeenskap opbou, baksteen vir baksteen.”

Daar sal mettertyd ook sowat 20 huise in ‘n kompleks agter die winkelsentrum opgerig word.

Van links: Bert Kriel, Harris Noa en Tokkie Nienaber
Bert Kriel

 

More local news