Slaggereed vir 2018!

Thabazimbi – Welbekende persoonlikheid, James Breedt van Thabazimbi, het die personeel van Hoërskool Frikkie Meyer kom toespreek.
Op Maandag, 15 Januarie, het sy tema sentreer om innerlike motivering, en op Dinsdag om effektiwiteit in die werksplek. Die personeel is nou slaggereed om hierdie jaar aan te pak.
