Autumn Series 2021

USA vs All Blacks
Die All Blacks se toer na die VSA begin met ‘n lekker losmaker teen die Eagles. Die Kiwi’s druk sestien drieë teenoor die twee drieë van die Eagles. Die twee drieë van die Eagles is ook geskiedenis want dit is die eerste keer dat die Amerikaners ‘n drie teen die Nieu-Seelanders kon druk!
Die reuse en rekord telling 104-14 het getoon dat die Eagles baie harde werk op en af van die veld benodig. Die All Blacks se volgende game is op 30 Oktober teen Wallis in Cardiff om 18:15. Die Eagles se game teen Ierland is gekanselleer.
Japan vs Australië
Die Aussies moes baie hard werk vir hulle sege van 32-23 oor die Japanners. Die Japanse span onder aanvoering van Lappies Labuschagne het met baie karakter getoon op verdediging.
Bepalings:
Saterdag 30 Oktober
- 15:30 - Skotland vs Tonga
- 18:15 - Wallis vs Nieu-Seeland
Nag ou grote...
