Community

Voortrekkers vier 90ste bestaansjaar

2 November 2021 · Platinum Bushvelder

Voortrekkers vier 90ste bestaansjaar

Thabazimbi – Die Voortrekkers vier die jaar hul 90ste bestaansjaar. Om die spesiale geleentheid te vier het die Ysterberg Voortrekkers ‘n neon partytjie op Vrydag 22 Oktober gehou.


Dit was ‘n jolige affêre gevul met helder kleure en hope pret. Die aand het afgeskop met ‘n masker parade, hamburgers vir ete, neon speletjies, middernag flieks en deurnag. Dit was voorwaar ‘n viering om te onthou.


Veldkornet Danie Naude wil die kinders gelukwens met hul prestasies en moedig ander aan om deel te word van die Thabazimbi Voortrekkers.  


Indien jy wil deel wees, kontak Danie op 082 738 6737 vir meer inligting.

Ysterberg Voortrekkers het ‘n neon partytjie gehou om die Voortrekkers se 90ste bestaansjaar te vier.

#FosteringASenseOfCommunity