Schools & sport

2018 – HIER KOM ONS!

18 January 2018 · Platinum Bushvelder

2018 – HIER KOM ONS!

Thabazimbi – Soos ons die nuwe jaar betree, moes klomp klein voetjies groot spore volstaan. Na ‘n lekker lang vakansie het Laerskool Thabazimbi op 17 Januarie weer heropen. Mammas en pappas het die kleingoed met trane in hul oë na hul klassies vergesel terwyl sommiges bontgestaan het met breë glimlaggies, reg vir 2018.

Hier verskyn Anushke Jacobs op haar heel eerste skooldag, graad 1 en reg om die wêreld te verower. 
Van links: Masego Kwadi, graad 1; en haar moeder, Beula Kwadi.
Van links: Riana Oberholzer, Chante Mulder en Antoinette Koekemoer, graad 3 leerders.
Die graad R klassie, reg vir hul eerste skooldag.
Hanli Snetler, graad 1.
MG Jooste, graad R.
Odelea van der Nest, graad R.