Jannie land op sy voete by Medivet

Thabazimbi – Kan jy glo? Katte land nie altyd op hul pote nie! Toe Jannie van sy eienaar se dak gespring het, is sy humerus in sy linker voorpoot gebreek.
Maar gelukkig is hy inderhaas na Medivet Dierekliniek en Wilddienste.
Dr Jamiela Bernard het onmiddellik ingespring en Jannie se beentjie met ‘n pen herstel. Jannie het vinnig aangesterk en is twee dae na die operasie weer veilig tuis.
#FosteringASenseOfCommunity
