Schools & sport

‘n Skooltas vol skryfbehoeftes

18 January 2018 · Platinum Bushvelder

‘n Skooltas vol skryfbehoeftes

Northam – Die Solidariteit Helpende Hand (SHH) Northam-tak het oudergewoonte skooltassies, gevul met die nodige skryfbehoeftes, geskenk aan behoeftige graad 1 leerders in drie plaaslike skole.

Die skooltasse is oorhandig op Maandag, 15 Januarie by Laerskool Platina van Swartklip, Laerskool Koedoeskop en Laerskool Thabazimbi.

“Dit is met groot dankbaarheid dat ons in staat is om hierdie bystand te verleen. Dit is deur middel van die publiek se ruim bydrae dat dit moontlik is,” aldus René Laas, SHH voorsitster.

SHH nooi die publiek uit na ‘n ope vergadering te Kelly straat 1977, uitbreiding 6, Northam, om 08h00,  Donderdag, 1 Februarie. “Ons het vrywillige hande en harte nodig om na mense wat minderbevoorreg is om te sien.”

Kom sluit gerus aan en wees deel van die nuwe bestuur wat gekies gaan word om die gemeenskap by te staan. Vir meer informasie kontak René by 073-429 9411 of Natasha by 076-010 3241.

Van links: René Laas, SHH voorsitster; Natasha Prinsloo, SHH tesouriere; mnr Leon Legrini, Laerskool Platina skoolhoof; en Lottie van der Westhuizen.