Crime & safety

Dinare sukses

25 November 2021 · Platinum Bushvelder

Dinare sukses

Thabazimbi – Dinare Security and Protection Services het inligting ontvang van twee verdagtes wat inbreek, roof en steel in die dorp asook op plotte rondom die dorp.


‘n Operasie in samewerking met die Gemeenskap Polisiëring Forum en Polisie is uitgevoer op Woensdag 10 November om die sluipslapers vas te trek. Twee mans is gearresteer met van die gesteelde goedere in hul besit. 

“Ons doen ‘n beroep op almal wat goedere vermis, om ‘n draai te maak by die polisie. Daar kan moontlik van jou besittings wees,” adlus Dinare Security bestuurder SJ Malan.

#FosteringASenseOfCommunity