Voortrekkers is vuur en vlam!

Thabazimbi – Die Ysterberg Voortrekkers het op Saterdag 20 November Madibeng se brandweermanne besoek.
Die jongspan het meer geleer oor die pligte van die brandweer, die belangrike rol wat hulle speel en selfs ‘n geleentheid gekry om met die brandweer slang te spuit.
Dit was insiggewend en groot pret. Tydens die uitstappie het die verkenners hul brandweer kenteken verwerf.
#FosteringASenseOfCommunity
