Schools & sport

United Rugby Championship

15 December 2021 · Platinum Bushvelder

United Rugby Championship

Sharks vs Bulls
In Durban Klop die Sharks die Bulls teen alle verwagtinge met 30-16 ou grote! Verrassend mors die Haaie met die Bulle in die vaste fasette van die spel. Die nuweling loskop van die Haaie, Ntuthuko Mchunu, het die Bulle verslind. Die belowende speler wat nog tot 2019 agsteman gespeel het, is duidelik op pad na 


Bok-glorie.  
Die Haaie was met rustyd 13-9 agter. Die tweede het aan die Haaie behoort en Lukhanyo Am het vroeg in die tweede helfte met ‘n puik onderskepdrie die wind uit die horings geneem. Boeta Chamberlain lewer weer puik spel op losskakel en teken twintig punte vir die Haaie aan. 
En Ruan Pienaar is soos Kaapse wyn ou grote... hoe ouer hoe beter. Pienaar speel tans skitterende ruggas en dit op ‘n beskeie 37 jaar jonk.


Die Bulle se Jake White was nou nie juis spraaksaam na die game nie. Maar te verstane...


Stormers vs Lions
En toe die ander opskudding in “local is lekker” ou grote. Die Jo’burgers verras vriend en vyand en piets die Kapenaars in Kaapstad met 39-17 en druk ook sommer vier drieë in die proses. Fred Zeilinga se visier was ook goed ingestel en hy behaal sewentien punte met sy skopskoen.


Die Leeus se voorry was ook heeltemal te sterk vir die outjies van die Kaap en sodoende het die agterlyn goeie balbesit gekry om af te rond. 


Die SA spanne het nou weer ‘n blaaskans en sal eers in 2022 in aksie wees. Die oorsese spanne sal weer vanaf 24 Desember in aksie wees.

Ander uitslae:

  • Edinburgh 24 - 10 Benetton 
  • Leinster 47 - 19 Connacht
  • Ospreys 19 - 13 Ulster
  • Glasgow Warriors 33 - 14 Dragons