100% slaagsyfer by HFM

Thabazimbi – Dit kom as geen verassing dat Hoërskool Frikkie Meyer (HFM), onder leiding van skoolhoof Colin Campbell, se slaagsyfer vir die matriekklas van 2021, 100% is nie. HFM kook!
Vanuit dié groep van altesaam 123 leerlinge, nou uitgestuur na die buite-wêreld, het 102 Baccalaureus-keuring ontvang. Altesaam 150 A-punte is verwerf en 16 diploma-keuring is ook toegedien.
