United Rugby Championship

Stormers vs Sharks
Die Stormers behaal ‘n goeie oorwinning oor die Sharks in Kaapstad ou grote en skuif op tot die tiende plek op die puntetabel.
Die Kapenaars het vriend en vyand verras met hul vertoning en wen 20-10. Die halftyd-telling was 7-3 in die tuisspan se guns. Voorlangs het die Stormers hul man gestaan en die vuurvreter Deon Fourie het gekook op die losballe en was ook as man van die wedstryd aangewys.
Agterlangs was Herschel Jantjies op skrummie baie goed. Dan Du Plessis het sy beste game ooit vir die Stormers op 12 gespeel en was dodelik op die aanval en verdediging. Die sterbelaaide Haaie-span is hard teruggebring aarde toe ou grote... Die Sharks se volgende game is teen die Bulle op Saterdag 12 Februarie om 17:05 op Loftus. Die Somers reis Jo’burg toe om teen die Leeus te gaan uitdraf.
Bulls vs Lions
Op Fort Loftus klop die Bulle die Leeus 21-13. Die Leeus het baie beter gespeel as verlede Saterdag. Die rustydtelling was 14-6 in die Bulle se guns.
Die nuwe agterlyn wat deur die Leeus se coach gekies is, het goed gespeel. As hulle só behou word, sal hulle in ‘n gedugte kombinasie ontwikkel.
Maar ervaring speel ‘n groot rol in hierdie tawwe kompetisie en dit is deur die hardebaarde in die Bulle se span gewys. Marcell Coetzee en kie het – wanneer dit saak gemaak het – die nodige druk toegepas.
Die Bulle gaan op Saterdag 12 Februarie teen die Sharks op Loftus om 17:05 uitdraf. Die Leeus gaan gasheer vir die Stormers in Jo’burg speel.
Ander bepalings: Vrydag 11 Februarie
• Leinster 20:00 Edinburgh
• Glasgow Warriors 22:15 Munster.
Currie Cup 2022
Uitslae:
• Griekwas 41 - 20 Pumas
• Bulls 25 - 38 Cheetahs
• Sharks 35m - 20 WP
Bepalings: Vrydag 18 Februarie
• Griekwas 19:00 WP
Bepalings: Saterdag 19 Februarie
• Pumas 14:30 Cheetahs
• Lions 17:00 Sharks
Ses Nasies 2022
Uitslae:
• Ierland 29 - 7 Wallis
• Skotland 20 - 17 Engeland
• Frankryk 37 -10 Italië
Bepalings: Saterdag 12 Februarie
• Wallis 16:15 Skotland
• Frankryk 18:45 Ierland
Bepalings: Sondag 13 Februarie
• Italië 17:00 Engeland
Nag ou grote... lekke ruggas op die spyskaart!
#FosteringASenseOfCommunity
