Community

Geskiedkundige boom uitstappie

1 March 2022 · Platinum Bushvelder

Geskiedkundige boom uitstappie

Thabazimbi – Ysterberg Voortrekkers het op Saterdag 5 Februarie die voorreg gehad om ‘n geskiedkundige kremetartboom te gaan besoek op plaas Mowana, en deel te wees van ‘n stukkie geskiedenis uit ons eie omgewing.


Paul Kruger se spore lê ook hier in die bosveld. Hy het op Gannahoek (waarvan Mowana deel uitmaak) buite Thabazimbi gejag, en op dié grond staan die kremetartboom op die verste Suid-punt. 
Die ‘verdwaalde’ boom is glo waar Dwaalboom se naam afkomstig is – so sê die ‘mense wat weet’.


Dié kremetartboom is glo in die Anglo Boereoorlog as ‘n posbus gebruik, en daar is baie graffiti te sien op die boom – tót in die hoogste takke!

Die oudste datum uitgekerf in die boom is 1907; daar is wel tekens dat daar nog ouer datums kan wees, maar is nie duidelik genoeg vir die oog om te lees nie. 


Die Ysterberg Voortrekkers wil graag die fotograwe Tanja Wolfaardt en Nelia Pieterse bedank asook oordleier Bernard Nelson wat van Rustenburg af gery het om die geleentheid saam hulle te geniet. Dankie aan elkeen wat gehelp het met vervoer en bereid was om dit te waag uitgaan in die dag se onvoorspelbare weer.

#FosteringASenseOfCommunity