Community

Zonneblom VLU – hope planne vir 2018!

Zonneblom VLU – hope planne vir 2018!

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Dinsdag 23 Januarie, hul maandelikse takvergadering gehou te Setaria. 

Die nuwe bestuur is aangewys vir 2018 en sonder versuim is groot planne al beraam vir die jaar wat voorlê. Daar is onder andere fokus verleen aan die opkomende konferensie wat te Setaria gehou sal word op 28 Februarie. 

Om deel te word van díe dinamiese groep vrouens, of om ‘n gasspreker van ‘n geleentheid te wees, skakel Michelle Smit, skakelbeampte, gerus by 081-807 3637 of WhatsApp haar by 078-248 5376.

Van links: Michelle Smit, sekretaresse en skakelbeampte; Gerda Smit, voorsitter; en Magda Meyer,
tesourier en beoordelaar sameroepster.
Hiermee ‘n hartlike verwelkoming aan Rhona Jacobs, ‘n nuwe lid van die jaar vir die Zonneblom-
groep.

 

More local news