‘n Spanbou, ken-mekaar feesdag vir ons gemeenskap!

Thabazimbi – Thaba Fire & Rescue is almal lede van ‘n dinamiese groep wat hul tyd en persoonlike fondse aan die gemeenskap skenk uit die goedheid van hul harte.
Na die wonderlike reënseisoen waarmee die area geseën is, beteken dit egter ook ‘n aktiewe brand seisoen is op die kaarte.
Nasionale Boeremark Dag vind plaas op Saterdag 5 Maart. In Thabazimbi, vier die Thaba Fire & Rescue span dié dag ter fondsinsameling by Pondok.
Oud en jonk is welkom en dit beloof om ‘n dag vol pret vir almal te wees met vermaak vir die jongspan, ‘n heerlike spitbraai en boeresport. Thaba Fire & Rescue gaan ook ‘n demonstrasie lewer! Nou dít moet niemand misloop nie!
Gaan maak ‘n draai, of as jy ‘n hand of R50 kan bysit, sal dit ook waardeer word. Thaba Fire & Rescue maak staat op donasies om toerusting te diens en om parte aan te koop vir as hul teëspoed by ‘n toneel.
Omdat die span uit vrywilligers bestaan, sal van die fondse aangewend word om te help met kos, water en mediese versorging indien nodig. Die gaan ‘n spanbou, ken-mekaar feesdag wees en almal is genooi.
#FosteringASenseOfCommunity
