VLU Northam-tak praat gesondheid

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak lede was getooi in rooi tydens hul maandelikse vergadering op Donderdag 17 February om die maand van liefde te vier.
Plaaslike dieetkundige Mariska Carstens het saam met die lede kom kuier en ‘n waardevolle praatjie gelewer oor gesonde leefstyl keuses en menopouse.
Die gasspreker het gesonde sous resepte gedeel waarna die lede hul eie vingerleklekker souse gemaak het.
Vir meer informasie, stuur ‘n epos aan
kswan.vlu@gmail.com.
#FosteringASenseOfCommunity
