Schools & sport

Northam Rhinos dames span vat ‘n wen

24 August 2022 · Platinum Bushvelder

Northam Rhinos dames span vat ‘n wen

Setaria – Terwyl die manne bietjie ‘n rusnaweek gehad het, het die Northam Rhinos se dames rugbyspan Mamelodi se span goed ore aangesit op Saterdag 13 Augustus.


Dit is hul eerste jaar wat hulle speel – en hierdie was hul vierde wedstryd tot dusver. Hulle wen die wedstryd 31-22 en sal volgende naweek op 20 Augustus teen Atteridgeville in Pretoria speel. As hulle dié wedstryd wen, sal hulle deurdring na die semi-finaal.

Die rugbymanne het self ‘n tawwe naweek wat voorlê, en sal ook op 20 Augustus die Naka Bulle aanpak.

Die Nake Bulle is tans die voorlopers in die liga. Die Northam Rhinos het verlede jaar in die finaal teen hulle verloor en aan die begin van die liga het hulle met twee punte verloor... Hierdie gaan beslis ‘n uitdaging wees. Sterkte manne! 

Northam Rhinos se dames rugbyspan.

#FosteringASenseOfCommunity