Wees asb versigtig op nat paaie

Northam – Twee Vleissentraal bemarkers was op Woensdag, 24 Januarie, in ‘n motorongeluk
betrokke op die R510 tussen Thabazimbi en Northam, ‘n klipgooi buite Northam. Die bemarkers,
Josef van Wyk en Henry Kotzé, was onderweg na die Northam Boerevereniging toe vir ‘n veiling.
Die bemarkers se voertuig, ‘n Triton bakkie; ‘n minibus en ‘n ‘n Bojanala bus was betrokke by die
ongeluk.
Geen insittendes van die minibus of Bojanala bus het beserings opgedoen nie. Van Wyk het nek
beserings opgedoen en Kotzé, wie ‘n groot rug operasie ondergaan het sowat vyf maande terug, het
rug beserings opgedoen. Albei is na die Mediclinic in Thabazimbi gehaas, en is in ‘n stabiele toestand.
Die ondersoek duur voort en die publiek word aangemaan om asseblief versigtig te wees op die nat
paaie.
