Schools & sport

Interhoër skaak

24 August 2022 · Platinum Bushvelder

Interhoër skaak

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer is trots op hul skaakspan wat uitsonderlik presteer tydens vanjaar se interhoër te Hoërskool Piet Potgieter op Donderdag 28 Julie.

In die o/18 afdeling het drie van hul leerders besonder puik presteer. Quinten Steenkamp eindig in ‘n derde plek met Werner Burger in die negende plek, en Nicolas Nel in die 10de plek.

In die o/16 afdeling palm Dorian Oberholzer die eerste plek in en word ook aangewys as speler van die dag! 

HFM se bobaas skaakspelers.

#FosteringASenseOfCommunity