REG VIR RINGBAL!

Setaria – Ringbal is ‘n familiesport waar almal van jonk tot oud kan deelneem. Daar is spanne van onder agt tot oor die ouderdom van 60 in die Rhino Ringbal Klub!
Die Rhino Ringbal Klub bestaan al vir 25 jaar en is die ideale plek vir ringbalspelers om nie net saam met ander te oefen nie, maar ook om aan toernooie en ligas te gaan deelneem.
Die span begin al vroeg oefen vir die seisoen wat in Maart of April 2023 begin. Die liga wedstryde word op Saterdae gespeel tot die beste klub aangewys word. In Junie begin die spelers met proewe om gekies te word tot die Noord Wes en Limpopo spanne.
Daar is amper vyf klubs regoor Noord Wes en Limpopo – as jy gekies word vir dié spanne neem jy deel aan ‘n toernooi om te kompeteer vir SA klere.
Tydens die afgelope ringbal seisoen het die Rhino Ringbal spelers uitstekend gevaar en die seisoen op ‘n hoë noot afgesluit. Die span spog met 11 spelers wat gekies was om Noord Wes Oos te verteenwoordig in Pretoria by die SA Nasionale Kampioenskappe vanaf 4 tot 9 Julie.
Die klub begin in September reeds oefen vir die volgende seisoen en hul beplan ‘n sosiale dag in November waar enige iemand ‘n span kan saamstel, wedstryde speel het en dan lekker pryse ook kan wen. Hou die spasie dop!
Die klub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00 op die Setaria bane langs die Rec Club.
Vir meer inligting of om deel te word van die span, kontak klub voorsitter Jeadine Venter by 082 612 8057 of sekretaresse Delicia van der Walt by 071 408 3782.
#FosteringASenseOfCommunity
