Northam Rhinos vs Naka Bulls

Setaria – Geluk was nie aan die Northam Rhinos se kant op Saterdag 17 September nie, en hulle verloor 40-19 teen die Naka Bulls in Pretoria.
Die Naka Bulls het al keer-op-keer deur die liga bewys dat hul ‘n waardige teenstander is en nie maklik gaan lê nie. Northam Rhinos se tweede span verloor ook met ‘n telling van 30-26.
Die Rhinos se derde span wen hul wedstryd naelskraap teen die Tuine Grizzlies, met 13 -11. Dié manne dring deur na die finaal waar hulle teen die Harlequins te staan sal kom op 24 September.
Volgende is die Sevens Toernooi! Die Northam Rhinos sal op 30 September en 1 Oktober Klerksdorp toe reis en berei tans voor.
#FosteringASenseOfCommunity
