Community

VLU Noord hou ‘n gesellige samesyn

27 September 2022 · Platinum Bushvelder

VLU Noord hou ‘n gesellige samesyn

Thabazimbi – Breast and Bone Thabazimbi het in samewerking met die Vroue Landbou Unie (VLU) Noord-tak ‘n insiggewende oggend aangebied vir die dames in en om Thabazimbi op Saterdag 17 September. 


Die VLU is ‘n organisasie wat daarin glo om hul lede en hul gemeenskap te inspireer, te verryk en te vervul – en die oggend was beslis geen uitsondering nie. Lede van verskeie VLU takke het byeengekom om die oggend saam te geniet.


Marika du Toit-van Heerden, skrywer en een-vrou vertoning van Daar is sand in my are het ‘n fantastiese vertoning opgelewer. VLU Noord president Ria Strydom het die dames ook gewys om hul eie eetbare blinkertjies te maak, en hoe om vars gebakte koeke te versier met sjokolade. Corli le Roux se sang het die dames ook beïndruk. 


VLU lede Elmarie Human en Gerda Smit dank elke vrou wat die dag saam geniet het. 

 

Lede van verskeie VLU takke het die oggend saam geniet.
Marika du Toit-van Heerden, skrywer en een-vrou vertoning van Daar is sand in my are.
Breast and Bone Thabazimbi dokter Herman Fourie het sy kennis oor die gevare van borskanker gedeel.
VLU Zonneblom lede van links: Jennie Horn, Josine Hoffman, Rhona Jacobs, Charlie Enslin, en Gerda Smith.

#FosteringASenseOfCommunity